Die 36-jarige sanger, wat jou dadelik met sy stem, aantreklike blou oe en sjarme bekoor, is gebore in KZN, groot geword in Vrystaat & Gauteng en mens geword het in die mooiste Kaap en woon steeds in die Kaap waar hy en sy vrou saam betrokke is by hul Mediese Personeelagentskap en tree ook op as eiendomsontwikkelaar.
Hugo is fris en vars in die Afrikaanse musiek mark, maar sing al vir die afgelope 6 jaar deeltyds.
Hugo was 10 jaar lank Gevangenis Bewaarder in die Kaap waar hy ook sy lyf akteur gehou het in ’n MNET dokumenter - NEW DIRECTIONS:FREEDOM IS A PERSONAL JOURNEY.
Die sang gogga het hom in 2001 gebyt en hy het gegaan vir sangopleiding en onderig , waar hy in 2003 ‘n “demo “ cd opgeneem het. Met die cd het Hugo begin optree vir privaatfunksies, fondsinsamelings en voorsang vir ander sangers.
In 2005 het Hugo besluit om 5 liedjies van sy “demo” cd oor te laat opneem en ‘n volledige cd ( Stap saam met my )uit tebring .Sy unieke en melodieuse stem belowe om in menige mense se harte in te kruip.
Hugo het ook al as MC opgetree by verskeie geleenthede o.a Mej Calvinia Vleisfees,Shoprite Checkers Boerewors Kompetisie Wes Kaap.
Hugo se album,- “Stap saam met my”- is ‘n album wat jy weer en weer na wil luister. Hugo is ‘n belade vertolking by uitstek en het al van ons land se beste liedjieskrywers se werke opgeneem. Die album spog ook met ‘n duet, “Windpomp” saam met Sonja Herholdt wat vir 2 weke nr2 was was op Radio Rosestad in Bloemfontein.
Daar is ‘n heerlike lekkerte daarin om na ‘n nuwe CD te luister wat ‘n belofte nakom. Hugo Nieuwoudt se nuutste album, Ek wil lewe vir môre, doen presies dit.
Soos ‘n goeie speserymengsel, sorg Hugo dat die album ‘n proe-van-die en ‘n-leksel-van-daai bevat en die eindresultaat is ‘n aangename en delikate pot-pouri van gevoelvolle snitte, gewaarborg om in elkeen se smaak te val.
Wat heel eerste in die kol tref is Hugo se unieke en suiwer stemkwaliteit wat beslis die vermoë het om jou hartsnare te karnuffel.
Opvallend van Ek wil lewe vir môre is die goeie balans tussen die strelende luisterliedjies en die lekker ritmiese nommers, soos Meer en meer en Wip in jou stap (wat beslis die titel gestand doen!). Laasgenoemde is subtiel ingekleur met ‘n lekker tradisionele klank. As jy by my bly het ‘n treffende byderwetse klank en pols behoorlik. Dit kan enige tyd met meer bekende kunstenaars se soortgelyke nommers kersvashou.
Sommige van die ballades is teer met ‘n knerts heimwee – maar daar is geen emosionele wroeging te bespeur nie. Die positiewe inslag wat sprekend is van sy persoonlikheid en lewensfilosofie word soos ‘n goue draad deur elkeen van die 14 lekkerluistersnitte geweef.
Die titelsnit, Ek wil lewe vir môre, is Hugo se persoonlike testament van sy geloof en ingesteldheid teenoor die lewe. Dis ‘n lied vol hoop vir die toekoms en ons kan almal doen met die boodskap wat hy daarmee verkondig.
Hier is ‘n mens verdien spesiale melding. Hugo het hierdie bekende Gé Korsten treffer sy eie gemaak en geen nabootsing is te bespeur nie.
Sy liefde vir die lewe en sy liefde vir musiek word positief op die album uitgebeeld. ‘n Mens kan dit amper ‘n danksegging-album noem. Daar is geen woede en opstandigheid te bespeur nie - net vreugde, dankbaarheid en liefde.
Met sy grootword-wortels letterlik regoor die land, span Hugo deesdae sy musikale sambreel vanuit die skone Kaap. Persoonlik streef hy na die beste ... en met hierdie album bewys hy dat hy een van die bestes ís. Die aantreklike man het beslis die hele pakket!
Verskeie radiostasies het Hugo al genooi vir ‘n geselsie en onderhoud;o.a Radio Helderberg( Somerset Wes ), Radio Rosestad (Bloemfontein ), Radio KC ( Paarl ), Radio Lichtenburg,Radio Pretoria en Radio Laeveld.
Feeste agter Hugo se naam:
RITTELFEES 2009
AARDKLOP 2009
KKNK 2009
LAGOONFEES 2009
KKNK 2005-2008
RITTELFEES 2006
VOLKSBLAD 2005-2007 ( Bespreek vir 2008 )
INNIBOS 2006-2007 ( Bespreek vir 2008 )
GARIEP 2006 - 2007
CALVINIA HANTAMFEES 2007 ( Bespreek vir 2008 )
CEDERBERGFEES 2008
ALWYNFEES 2006
CANOLLAFEES 2006
WACKY WINE FEES 2006
GEELSTERTFEES 2008
OKTOBERFEES 2006
DIE GROOTSTE AFRIKAANSE MUSIEKFEES ( 7 JUNIE 2008 - PRETORIA )
Hugo is ook betrokke by die Hande vir Hoop Cd uitgegee deur Solidariteit se Helpende Hand Fonds.
Hugo Nieuwoudt is ook een van die lede van die ABBA Magic groep wat die land vol toer en veral gekook het met 1800 mense wat gedans het op die musiek by die ABSA verhoog by KKNK 2009.
Sy liedjies is nuut en kontemporer met ietsie wat in almal se smaak val.
Hugo se stem is al op vele geleenthede gebruik vir platemaatskappye se kompilasie albums o.a Kookwater Cd ( Hoezit Musiek). Sy stem is ook te hoor op ’n Album met die naam “Wiegeliedjies” ( Pa se lied ) asook agtergrond stem vir Fanie De Jager se album Afrikaanse Juwele.
Hugo Nieuwoudt het verhoog gedeel saam met Kurt Darren en Arno Jordaan bu die Mej Rittelfees 2009.